Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS - SONDAG 14 NOVEMBER 2010

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'ARMI' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTEL

Die sleutels van twee radioamateurs het onlangs stil geword. Hulle is Carol Siedle, ZS5YG, op 26 Oktober en Mike van der Westhuizen, ZS6UP, wat lank van TNT en Magalies-amateurradioklub lid was, op 8 November. Ons betuig ons opregte meegevoel met hul families en vriende.

(POUSE)

In die nuus vandag:

NUWE SARL-BROSJURE OOR AMATEURRADIO NOU BESKIKBAAR

APRS VANAF DIE INTERNASIONALE RUIMTESTASIE

SARL-VOORLEGGING AAN OKOSA NOU OP DIE WEB

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede en ander belangrike en interessante nuusitems.

NUWE SARL-BROSJURE OOR AMATEURRADIO NOU BESKIKBAAR

’n Nuwe brosjure deur die SARL sal vanaf Dinsdag volgende week in PDF-formaat op die web beskikbaar wees. Volg die URL op die tuisblad by www.sarl.org.za. ’n Gedrukte uitgawe in volkleur sal binnekort beskikbaar wees. Klubs kan bestellings by Mariska plaas deur hulle behoeftes en besonderhede te stuur aan admin@sarl.org.za. Die gedrukte uitgawe sal in veelvoude van 100 verpak wees.

JAARLIKSE HERDENKINGSDAGDIENS

Die jaarlikse herdenkingsdagdiens sal teen ongeveer 10:45 vanoggend as deel van die program Amateur Radio Mirror International aangebied word. As ’n teken van respek word radioamateurs versoek om gedurende die uitsending radiostilte te handhaaf.

Klubs wat die diens wil heruitsaai kan ’n MP3-lêer vanaf die ARMI-webtuiste aflaai. Gaan na www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die aanduidings. Die diens sal waargeneem word deur Ds. Jan Kramer, ZS6JRK.

APRS VANAF DIE INTERNASIONALE RUIMTESTASIE

SA AMSAT nooi u uit om op Sondagaand 21 November deel te neem aan die die SAT-netwerk wanneer Eddie Leighton, ZS6BNE, sal praat oor “APRS via die ISS”. Dit sal om 19:30 geskied. Klubs wat hulle plaaslike herhaler aan die net wil verbind moet nie later as môre ’n e-pos stuur aan armi@sarl,org.za met vermelding van hulle herhalerdekking en telefoonnommer wat gebruik gaan word. Geen voorafbetaalde nommers kan gebruik word nie.

SARL-VOORLEGGING AAN OKOSA NOU OP DIE WEB

SARL-lede kan nou die SARL se voorlegging aangaande die konsep oor radiofrekwensiespektrumregulasies uit die ledeafdeling van die web aflaai. Die dokument sal Maandag aan OKOSA gestuur word, wanneer dit ’n publieke dokument word en dit sal dan ook uit die oop afdeling van die web afgelaai kan word. Die finale dokument sluit baie van die aanbevelings wat van lede ontvang is in. Dit dien daarop gelet te word dat lede teenstrydige menings oor verskeie aspekte van die regulasies ingedien het en wat alles in ag geneem is. Die SARL glo dat die opgestelde dokument gebalanseerd is en dat dit in die belang van amateurradio is.

Die volgende stap sal die tabel vir bedryfsfrekwensies wees wat die frekwensies en kragvlakke in die verskeie bande sal vaslê. Die kwartaallikse vergadering van die samewerkingskomitee vergader hierdie week en die hoop is dat daar ietwat duidelikheid bereik sal word oor die tydtafel vir die volgende stap.

Persone wat hulle persoonlike kommentaar aan OKOSA wil indien moet daarop let dat die sluitingsdatum daarvoor Vrydag 19 November 2010 is. Besonderhede kan in die Staatskoerant gevind word.

RADIO ZS-VOORBLAD

Die redakteur van Radio ZS is op soek na geskikte foto's vir die voorblad van die tydskrif. Foto's van amateurradio in aksie – ’n velddagstasie, ’n kompetisiestasie, ’n klub in aksie, jongmense in aksie – sal baie welkom wees. Stuur u foto aan radiozs@sarl.org.za.

VOORTPLANTINGSVERSLAG

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat sonaktiwiteit steeds op lae vlakke is. Twee nuwe sonvlekstreke is Woensdag genommer. Sonvlek 1 123, wat oos van die kleiner wordende sonvlek 1 121 lê, produseer nou C-klas-sonvlekke. Sonvlek 1 124 is ook genommer, maar is tans stil. Die effektiewe sonvlektelling sal vandeesweek na verwagting minder as 25 wees.

15 m is die beste keuse vir DX gevolg deur 20 m. Smiddae en tot na die son gesak het gaan die toestande na Indië goed wees. Smiddae gaan toestande eers op 15 m en dan later 20 m na Europa toe goed wees. Kontakte met Australië is met sonsondergang op 20 m moontlik. Kontakte met die VSA is uiteindelik weer op 15 m gedurende die laatmiddag en vroegaand moontlik. 15 m-openinge na Brasilië en Suid-Amerika is smiddae moontlik. Met die goeie 15 en 20 m-openinge gaan 17 m vol verrassings wees.

30 m kan vir die digitale en gelykgolfentoesiaste baie lonend wees met openinge na verskeie dele van die wêreld.

Plaaslik is 40 m die beste keuse met 20 en 30 m wat goeie kontakte oor die langer afstande kan oplewer. Vroegoggend en laatmiddag is 80 m die beste keuse, veral oor die korter afstande.

Saans is 80 m die beste keuse.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
Vandag 14 November –Herdenkingsdagdiens om 10:45;
20 November - 10:00 UTC, velddagnaweek met ZS85SARL op die lug begin;
21 November - 10:00 UTC, velddagnaweek en ZS85SARL sluit af;
21 November - 19:30 SAT, SATnetwerk op die lug oor APRS via die IRS;
27 November.-. ZS6RTB Klubvergadering gesamentlik met ander radio-operateurs;
28 November - JD-net begin om 15:00 SAT;
20 Januarie 2011 - Sluitingsdatum vir indiening van beursaansoeke vir Mei 2011 RAE, besoek www.amateurradio.org.za vir aansoekvorms;
30 Januarie 2011 - Sluitingsdatum van Fase 1 van die konstruksiekompetisie.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'ARMI' en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 22:05 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin wat deur Gustav, ZS6BWN, saamgestel en deur Hester van der Walt nagesien is.

Dankie dat u saamgeluister het, 73.

/EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003